
VISVANGVERSLAG : 15 Mei 2012
Hallo almal, Het Vrydag sowat 2 NM agter Meeurots die snoek gekry. Op die bodem – feitlik geen stroom en die water was bruin. Met baie moeite en baie chum kon ons die snoek laat opkom en ons tellie (50) gevang. Baie mooi vis in goeie kondisie. Gedurende die naweek het van die ander weekenders ook vis daar gekry, met enkele vis in Bontduine. Snoek ook gevang by Kaappunt, Robben Eiland en Stompneus. Diepseenog baie stil – enkele Lfins wat uitgekom het maar heelwat geelsterte. Hierdie week is die Tuna Nationals in die Kaap so kom ons kyk wat gebeur. By Struisbaai nog steeds geelstert, maar minder as vorige week.
Groete en stywe lyne
Pieter |